012 664 8871 dsat@downs.org.za

DOWNSINDROOM WERELD KONGRES: 14 – 17DE AUGUSTUS 2012

MOTIVERING:

Die dag toe ek my motiveringsbrief geskryf het, het ek gewonder en was onseker oor wat om te verwag van die kongres. Soos wat ek in my motiverings briefie gese het wou ek baie graag ander jong volwassenes met DS ontmoet van ander lande. Ek wou ook graag met hulle praat en hoor wat hulle bereik het in hulle lewens. Ek wou weet of dit vir hulle moeilik is om werk te kry, ek wou weet of hulle ‘n motor kan bestuur, ek wou weet of hulle op hulle eis kon bly en vir hulle self sorg. Want dit is MY drome

Ek het so goed gevoel toe ek gekies word en kon dit nie glo nie, ek was baie bly om te gaan en dit sou my eerste kuier in die Kaap wees.  My vriendin Amanda was ook gekies, ek was bly vir haar ook.

OP PAD KAAP TOE Yipee!!!

Uiteindelik het die groot dag aangebreek, ons was almal so opgewonde!! Ons het mekaar ontmoet by die DS Vereeniging se kantore en die vrouens se tasse was soooo groot ek het gewonder of hulle vir ‘n maand weg gaan. So spring ons toe in die bussie saam met tannie Petra en daar gaan ons. By die lughawe aangekom moes ek ons tasse uitlaai en die tasse op die trollies laai. Ek het besef ek sal my man pligte moet na kom. Dit was lekker om te weet ons gaan Kaap toe. Daar aangekom het ons begin fotos neem, Tafelberg is pragtig. Aangekom by ons blyplekkie is ek verras om my eie kamer te he, groot netjies, skoon, met twee enkel bedjies. Ek het natuurlik elke aand op ‘n ander bedjie geslaap, ek het foto’s geneem en vir my ouers elke vertrek se foto gestuur. Elke oggend was ek eerste klaar en het dan in die gang op die stoele vir die vrouens gewag terwyl hulle (ge-titivate) het. Die ontbyt was uit die boonste rakke.

Ek was baie bekommerd oor my hondjie “Charlie Bester” wat by die huis moes bly. Hy was nog klein en het langs my bedjie geslaap en ek het hom so gemis.

KONGRES:

En so begin die Kongres. Daar aangekom het ek so goeie gevoel gekry. En toe kry ek my beste vriend Mnr. Swannie (Luan Swanepoel) by die deur, dit was lekker om hom daar te sien, toe sien ek kans vir enige iets. Ons ken mekaar so lank al en hy was al by van die vorige kongresse.

Ek het so baie mense ontmoet en natuurlik vir die bekende Sheri Brynard en haar mamma, dit was so interessant om te hoor wat sy al bereik het. (En ek het gedink wat ‘n mooi meisie). Sy het baie selfvertroue en dit het my ook baie moed en selfvertroue gegee.

Ons het met die opening Lands vlae gedra dit was ‘n eer.

Dit was vir my duidelik dat nie een van ons DS volwassenes se belangstellings dieselfde is nie. Maar almal was vriendelik en vol liefde, dit maak nie saak van watter land af hulle is nie. En al kon ons nie mekaar heeltyd verstaan nie het dit ook nie saak gemaak nie.

Ons het so baie vriende gemaak. Daar was tot ‘n meisie Heilie wat haar besigheids kaartjie gegee het (Ek wil ook eendag my eie kaartjie laat maak), Viva, Kosie, Amanda, Sheri, David, Luan, Sarah, Anna, Daleen die Downistie Groep.

Daar was ‘n seun “Viva” hy het ons so laat lag, regtig ‘n goeie ou.  David Clarke se hy hou van goeie wyn soos sy pa hy was van……   Hy was so volwasse en ‘n gentleman.

Ons was by ‘n akwarium op ‘n uitstappie, so baie pret gehad en foto’s geneem. Ons was in groepe gedeel. Pragtige visse gesien. Die beste foto’s was waar dit lyk of ons in die vistenk staan.

Ons het baie gesprek sessies en werkswinkels gehad: Onder andere gepraat oor verhoudings. Die meisie van Downistie het ons vertel van iemand wat haar hart gebreek het. En hoe moeilik dit is vir haar om weer iemand te vertrou.

Sheri het haar lewensverhaal vertel en hoe haar ouers haar ondersteun en als wat sy bereik het. Sy laat dit so maklik lyk.

“Employment werksessie” –  Ons het gepraat oor mense wat ons as DS persone nie ‘n kans wil gun nie en jou dadelik sommer afsit deur goed te se soos ons het nie poste nie, jy moet matriek he, ens. Ons het almal maar dieselfde uitdagings. Op die einde van die dag moet ons net aanhou probeer en bid.

“Love Sex or just a cup of coffee” – Dit was vir my baie interessant maar almal het nie daarvan gehou nie. Sarah het vir ons groot A3 pappier geskryf en met die hoof opskrif begin en dan notas gemaak van wat almal se. Interessant, moeilik en ingewikkeld.  Wat is ‘n verhouding? Waar begin ‘n verhouding, Hoe ontmoet jy mense? As jy nie mense ontmoet nie gaan jy nooit by die punt kom iemand spesiaal te he in jou lewe nie. Die meeste jong DS mense dink verhoudings gaan net oor sex en almal spring in die bed. Ek het geleer sex is ‘n bonus en gebeur wanneer ek trou.  3 Mammas het hulle dogters probeer leer oor verhoudings, nou vra hulle almal in die groep vrae , soos vir Viva het jy ‘n meisie……sy antwoord Ja die een langs my.  Dit was so snaaks. Al het hy nie ‘n meisie nie kon hy ‘n grap maak.

Fotografie kompetiesie.

 Ek en Luan Swanepoel het laat waai met die foto’s, dit was vir ons ‘n heerlike uitdaging.  Nie een van ons twee se fotos was gekies op die eindie van die dag nie, maar dit maak nie saak nie ons het dit geniet.

Dance Down – Club Slick – Ons het dans bewegings geleer en vir my was dit heerlik. Van die ander het lekker moeg geword. Ons is almal lekker onfiks. Nog ‘n voorneme, in die nuwe jaar gaan ek defnitief oefen.

e.motion21 – ‘n DS dans groep het opgetree ons het geleer om soos hulle te dans. Hulle is baie goed en werk saam as ‘n span.

Downistie

Daar was DS volwassenes van Nederland  wat bekend is as: Downistie.  Ruben, Sara, Rochelle, Lize en Toibias. Hulle het hulle eie TV program. Ek het my verkyk aan hulle. Hulle is baie goeie akteurs. Wanneer hulle moet maak of hulle dood is lyk dit so werklik dat van my vriende in trane uitgebars het. Ek dink dis baie goed. Tobias het ‘n onderhoud met my gevoer na die die werksessie ek het ge- eerd gevoel.  Ek verstaan nou hoekom wil almal graag ‘n akteur wees, hulle my ook oortuig dat dit dalk iets is wat ek wil doen. (Miskien Quinton se rol in binnelanders). Hier by ons dink ek nie dit gaan so maklik wees om te gebeur nie.  Sheri  en Kosie is reeds ons TV sterre.

Daar was vermaak soos Zulu danse wat almal geniet het, saam hande geklap en gedans. ‘n sang groep Amarnath Echo het gesing hulle was net vrouens en ek het vir my ‘n CD’s gekoop.

In die aande het ons almal bymekaar gekom “cocktail” aande. Amanda het mnr. “Partrick Clark” bedank met ‘n baie goeie praaitjie, ek was trots op haar om voor so baie mense te praat.

Luan het ook sy beurt gehad om te “speech” en te vertel van himself en sy werk. Hy het dit so goed gedoen soos ‘n expert, sy pa was daar en Luan was so trots.

Ons was lekker moeg elke aand en het heerlik geslaap, daar was nie tyd om eers te droom nie.

GALA Ete: Ons het lekker gee et, gedans en gekuier.

Totsien Tafelberg en Hallo Charlie…..my hondjie het so groot soos ‘n leeu geword in die week.
Tannie Ancella het gese sy sal enige tyd weer saam met ons weg gaan, want ons het mooi maniere en ons het haar baie gehelp. Dit het my hart goed en trots laat voel.

4 MAANDE LATER:

So is ek nou ouer en wyser en min het ek geweet watter impak my ondervindinge en ervaring van die WDSC sou he in my lewe – meer as wat ek ooit sou kon droom. Ons almal stap dieselfde pad, dis wat ons daarmee doen.

“Employment werksessie”

Voor die WDSC het ek ‘n werk gehad by ‘n diere winkel. Ek was mal daaroor om met diere te werk, maar die salaris was min en dit het nie vir my gevoel soos ‘n regte werk nie. Al het ons hard gewerk elke dag, was elke dag presies dieselfde. Ek het vir baie lank ander werk gesoek met baie moontlike beloftes maar geen sukses nie. Dit het my moed amper gebreek. Ek het baie gebid daaroor en na die WDSC het ek terug gekom huis toe en besluit ek sal nooit moed opgee nie. Daar was soveel ander mense wat gelukkig was en hulle doelwitte kon bereik. So ook het my droom waar geword. Ek wou dit op my eie doen en my ouers het my toegelaat om te probeer. Ek het verstaan dat ek dalk nie suksesvol gaan wees nie en dat ek dalk weer gaan seer kry maar ek wou steeds probeer. Ek het my CV by ‘n groot hardeware handelaar gaan ingee, en elke dag gebid dat as dit Jesus se wil is dat dit sou gebeur. Die reels was dat ek eerlik sou wees oor wie ek is en wat my tekortkomeninge is. So was ek genooi vir my eerste onderhoud en die tweede onderhoud. Ek was nog nooit so opgewonde nie. Hierdie mense het my aanvaar vir wie ek is. Ek het die werk gekry maar daar was ‘n MAAR dit is net tydelik en ek moes myself bewys in drie maande. Ek het my bes gedoen en is permanent aangestel die 31ste Januarie 2013. Ek is trots op wat ek doen en geleer het. Nou kan ek my volgende mikpunt maak – oor 5 jaar wil ek ‘n bestuurs pos he. Ek is so seker almal by die kongres sou trots wees op my.

“Love Sex or just a cup of coffee

(Hierdie terugvoer het nou ‘n sielkundige sessie geword……..so verwerk ons als…J)

So uit Rovan se hart……………….

Nou het ek intussen geleer wat is ‘n verhouding. So ontmoet ek ‘n spesiale meisie.

Ek het gedink die meisie is die regte persoon vir my. Ons het oor baie goed ooreengestem, kleure van ons kamers is altwee pers ons gunsteling kleur, dieselfde musiek,hou altwee van dans. Ek was eerlik met haar oor wie ek is en dit was nie ‘n probleem vir haar nie. Sy wou my graag beter leer ken en ek vir haar. Ek het altyd saam met haar gesing al sing ek hoe vals was dit okay vir haar. Die tyd wat ons bymekaar was lekke,r ons was verlief. Ek weet ook nou hoe voel dit om regtig verlief te wees. Ons was nie baie lank bymekaar nie , sy het begin studeer en dinge werk nie meer vir ons nie. My hart is seer en sy al altyd spesaal wees. Ek dink die HERE het my getoets en wou he ek moet leer van verhoudings en mense sodat ek sterk kan word vir wanneer die regte persoon in my lewe kom.

Dit is nie altyd lekker om alleen te wees nie. Almal wil iemand he om met iets mee te deel,iemand wat op dieselfde vlak is en my tog kan uitdaag om beter dinge te bereik. Sy moet ook saam met my ouers en familie kan kuier. Ek sal altyd dink aan die goeie tye wat ons saam gehad het.

Ten minste het ek wonderlike vriende.

Ek onthou nou op die WDSC het ons gese dis al hoe ‘n mens leer ken. En daar was die meisie van Downistie van Nederland wat ook deur dieselfde hartseer is as ek. Ek hoop sy het ook nou iemand anders al ontmoet.

Ag ek voel sommer nou beter. Ek gaan nou Smallville kyk. Groete aan almal.