Family News
Ons dogter Chanté is gebore op 19 Oktober 2009 in die Kloof hospitaal. Ek het dadelik geweet iets is fout toe ek haar sien. Seker maar moeder instink.. Ek het nie laat toets vir Downsindroom tydens my swangerskap nie. Dit is ons derde baba en ek het gedink alles sal reg wees, maar ek het ook gewonder wat sal my besluit wees indien ons baba Downsindroom sou hê. |
|||
![]() |
Die pediaters en susters het op ‘n streep na my toe gekom en toetse het begin. Trisomie 21 is toe bevestig. Ons het met prof. Honey gepraat, sielkundiges en ons Dominee. Ek het begin oplees oor alles. Ek het baie gehuil, Christo het baie gehuil, die sussas by die huis het nie geweet wat Na ‘n week het die dokter agtergekom die gaatjie (VSD), onder by die hartjie gaan nie toe nie. En ‘n hartklep het gelek. Chanté was 4 weke in die Kloof hospitaal toe sien ons sy gaan agteruit. Toe amper 5 dae in Unitas, sodat Dr. Colyn haar kon monitor. Sy is toe op 19 November 2009 in Sunninghill hospitaal in Johannesburg opereer. Sy was slegs ‘n maand oud en het 3,9 kg geweeg. Dit was die langste 5 ure van ons lewe ….. Ons wil dit nooit oorhê nie. Almal het gesê ons moet ons regmaak dat sy omtrent 5 maande in die hospitaal gaan wees. My kind het geveg. Sy was vir net 10 dae in die hospitaal! ‘n Wonderwerk! Sy het dadelik begin drink en als. Ons was so dankbaar! Die ousus was so bly en het gemengde gevoelens gehad oor die baba by die huis, sy het net gehuil vir 2 dae! |
||
|
|||
Inleidend Op ‘n dag in Oktober 2009 vertel Rinske Pouwels my: “Anita, ons het dit goed gedink om Erwin volgende jaar graad R toe te stuur”… Wow! Wat ‘n groot uitdaging! Maar diep binne my het ek eerlikwaar nie geweet hoe om te reageer nie. Ja, ek het geweet Erwin gaan hier by Gereformeerde Laerskool Johannes Calvyn (hoofstroom skool) skoolgaan. Maar nou al, so gou al? Is dit regtig nou al tyd? Duisende vrae het deur my gedagtes gewoel. Gaan ek hierdie uitdaging goed kan aanpak? Is ek bekwaam genoeg om ‘n kind met Downsindroom te kan onderrig? Sal ek hom kan hanteer? Wat? Hoe? Wanneer? Bang |
|||
Saam met die kinders leer ek gou-gou dat jammer voel en versagtend optree ons nêrens gaan bring nie. Erwin is soos die ander kinders, deel van die klas, die reëls en roetine. Gou leer die maats dat alles wat hulle doen en sê en die manier waarop hulle optree konsekwensies het. Want Erwin leer deur by sy maats te kyk. En om dan verkeerde gedrag af te leer is baie moeiliker vir Erwin, omdat hy stadiger leer. Aan die einde van die 1ste kwartaal het ek een van die grootste wonders ooit aanskou. Die “selfgesentreede” graad R’e se houding teenoor mekaar het drasties verander. In my ses jaar as onderwyseres het ek nog nooit ‘n groep gesien wat so vinnig bande smee nie. En dit bloot omdat al ons optredes ensovoorts konsekwensies het. Wat ‘n wondelike ervaring! |
|||
‘n Groot probleem was om Erwin te verstaan as hy praat en verduidelik wat hy wil hê. Met geduld en mooi luister het almal later geweet wat Erwin verduidelik en sê. Die maats moes ook leer om met Erwin te praat soos hulle met die ander kinders praat. Erwin se woordeskat brei vinnig uit. Waar hy aan die begin van die jaar baie stil was, geniet hy dit nou om te gesels. Wat die beste is, is dat ons hom nou steeds beter begin verstaan. Hierby is die kinders my baie tot hulp. Hulle verstaan vinniger wat Erwin wil sê. Een spesifieke maat(Erwin is mal oor hom) het selfs die vermoë om sy gebare te verduidelik en soos ‘n “tolk” op te tree. |
|||
|
|||
Op 11 November 2008 word Marius en Lizelle Viviers die trotse ouers van ‘n pragtige tweeling, Ashley en Leandri. Twee pragtige donkerkop dogters word op 8 maande in die Clinton hospitaal, in Alberton gebore. Altwee is groot Vrydag middag 14 November 2008, kry ons die uitslae van die bloedtoetse, Leandri het Downsindroom. Vir ons as ouers is dit ‘n groot skok, al was al die tekens wel daar gewees, maar jy wil dit nie glo nie. Daar word vrae gevra soos “hoekom Na gebede, berading en ondersteuning van familie aanvaar ons vir Leandri, en hanteer haar net soos haar sussie Ashley. Ons sluit ook aan by die Downsindroom vereniging van Pretoria, en ons ontmoet baie ander ouers wat dieselfde ervaring as ons het. Ons leer baie by hulle. Ons ontmoet ook die Direkteur van die vereniging, Petra Le Roux, en sy help met baie antwoorde op ons vrae. Die tweeling word groot, maaande gaan verby, en Leandri wys wat voeding betref is sy net soos |
|||
Leandri sien op 7 maande weer die kardioloog, hierdie keer Dr Dansky. Die gaatjie in die hart het wel toe gegaan, maar die kleppie werk nie reg nie. Op 18 Augustus 2009, ondergaan sy ‘n hart operasie om die kleppie reg te maak. Sy is amper 5 ure in die teater. Na 5 ure wat voel soos dae, lig Dr Dansky ons in dat die operasie ‘n sukses was, en dat dit goed gaan met Leandri. Sy kom uit die teater uit en is ons engeltjie wat ons ken. Die een glimlag na die ander. Sy word opgeneem in die hospitaal. Hoë-sorg eenheid vir die aand. Die volgende dag is sy al sterk genoeg om huistoe te kom. Alles gaan goed met Leandri en sy is gesond, tot einde September 2009. Leandri het deur die dag by die dagsorg siek geraak, en word die aand in die hospitaal opgeneem met longontsteking. Haar asemhaling is swak en sy haal skaars 70% asem op haar eie. Sy is ‘n week in die hospitaal en is dan gereed om huist oe t e g a a n . Dieselfde gebeur weer in Maart 2010, sy word weereens opgeneem in die hospitaal. |
![]() |
||
Ashley het op 12 maande begin loop, Leandri is nou 18 maande en kan nog nie loop nie, maar is net so woelig soos Ashley . Die tweeling is baie geheg aan mekaar, en al kan hulle vir mekaar lag as die ander huil, kan hulle ook saam huil as die ander een nie lekker voel nie. Saam is hulle stout en net soos enige gewone kind speel hulle lekker saam. Ashley is baie beskermend teenoor haar sussie, en moet nie probeer om haar seer te maak nie, want Ashley “groot,” sus sal jou soos ‘n Springbok senter een harde duik gee dat jy plat op die grond lê. Leandri is ‘n regte Engeltjie, ‘n vegtertjie, en altyd vriendelik. Sy is ‘n regte sonstraal en ‘n kind wat jy vir niks anders in die wêreld sal verruil nie. Daar word verwys na kinders met Downsindroom as “Engeltjie kinders,” en glo maar: dit is die waarheid. |